Local newsNews

Nog reën kom

Koeler temperature word ook vir die res van die week voorspel

Parys het oor die naweek 12mm reën gehad wat in Eerstelaan gemeet is en word koel temperature en nog reën vir die week voorspel. Maksimum temperature vir die week sal wissel tussen 23 en 29 grade Celsius,en minimum temperature tussen 14 en 18 grade Celsius.

Die pragtige foto van sonneblomlande is ‘n week gelede deur Annemarie Ferreira langs die Parys/Koppiespad geneem naby die aansluiting by die N1.

Die rivieruitlaatkleppe by Vaaldam sal van vandag af (Maandag 23 Februarie) tot 27 Februarie tussen 08:00 en 16:00 toegemaak word vir meganiese instandhouding van die kleppe. Die kleppe word gebruik vir beheerde, kleiner uitlate om damvlakke fyn te bestuur. Sou instandhouding vroeër voltooi word, sal inligting dienooreenkomstig gegee word.

Die foto is langs die Parys/Fochville-pad geneem met die kleurvolle gesig van sonneblomme langs die pad.

Vaaldam was verlede week 101% vol, terwyl Bloemhofdam op 92,28% gestaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button