Local newsNews

Voormalige Vrystaatse poskantoorwerkers gevonnis vir roof

Beide beskuldigdes is dieselfde dag van die roof gearresteer.

Twee voormalige poskantoor-werkers in die Vrystaat is vandeesweek in die streekhof in ThabaNchu elk tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Beide beskuldigdes het ook ’n boete van R1 000 of ses maande gevangenisstraf vir die oortreding van die Immigrasiewet gekry.

Die hof het verder gelas dat beide beskuldigdes na Lesotho gedeporteer moet word ná voltooiing van hul gevangenisstraf.

Die vonnis spruit uit ’n voorval wat in  2020 plaasgevind het toe drie gewapende verdagtes die Thaba Nchu-poskantoor binnegestorm het terwyl poskantoorwerkers besig was met hul daaglikse pligte. Die verdagtes het ‘n vuurwapen op die bestuurder gerig en kontant geëis.

Hulle het die poskantoorbestuurder toe na die kluis geneem en met ‘n sak kontant van die perseel gevlug. In die proses het hulle ook drie werknemers van hul selfone beroof.

Lede van die Valke se Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoeke, tesame met Selosesha Sigbare Polisiëring en die Taktiese Reaksiespan, het vinnig op inligting gereageer en is Teboho Mosiane (30) en Lehlohonolo Phillimon Masenyetse  (36),  later dieselfde dag  in hegtenis geneem. Tydens die arrestasie is kontant ter waarde van R270 000,00 en drie selfone teruggevind.

Die Vrystaatse Provinsiale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI), majoor-generaal Mokgadi Bokaba, het die vonnisoplegging van die twee Lesotho-burgers wat onwettig in die land was, verwelkom.

Bokaba het die multidissiplinêre span wat by die arrestasie betrokke was, sowel as die ondersoekbeampte, geloof vir hul rol om te verseker dat geregtigheid geskied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button