Local newsNews

Gehoorprobleme by kinders: Vroeë opsporing is belangrik

Vandag (3 Maart) is Wêreld Gehoordag.

Ongeveer 17 babas word elke dag met permanente gehoorverlies gebore.

Tog word gehoorsiftingstoetse by pasgeborenes by minder as 10% van pasgeborenes gedoen. Gehoorprobleme by kinders word dikwels   eers veel later geïdentifiseer. Dikwels eers op 20–30 maande ouderdom – lank ná die tydvenster wanneer vroeë opsporing noodsaaklik is vir gesonde kinderontwikkeling en algehele openbare gesondheid. Dit is ook veel later as die riglyn van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat gehoorsifting binne die eerste maand van ‘n kind se lewe aanbeveel.

Prof De Wet Swanepoel, Professor in Oudiologie aan die Universiteit van Pretoria is van mening dat geen kind  jare behoort te wag vir hulp vir ’n toestand wat binne ure ná geboorte geïdentifiseer kan word.

Die onlangs aanvaarde Nasionale Strategie om Aksie vir Kinders te Versnel (NSAAC)  lys pasgeborene-gehoorsifting as een van die katalitiese intervensies wat vordering vir kinders kan versnel. Universele gehoorsifting is ’n praktiese “eerste 1 000 dae”-oorwinning wat in roetine moeder- en kindergesondheidsdienste geïntegreer kan word.

“Te dikwels is die enigste kinders wat ondersteuning ontvang dié wie se families die stelsel kan navigeer of privaat kan betaal,” sê dr Noxolo Gqada, Strategiehoof van die Hold My Hand Accelerator for Children and Teens. “Elke kind verdien die kans om hul naam te verstaan, ’n lied te sing of saam met hul vriende te lag.

Wat nodig is

• Universele gehoorsifting binne die eerste maand (4 weke) van ‘n kind se lewe.
• Tydige toegang tot intervensie vir alle kinders, insluitend toegang tot vroeë intervensie en ondersteunende terapie, maatskaplike ondersteuning en gehoortegnologie (soos gehoorapparate en kogleêre inplantings), veral in die openbare gesondheidstelsel.
• Inklusiewe intervensiedienste 
• Ondersteuning vir versorgers, sodat hulle hul kind se gehoorstatus verstaan om ingeligte besluitneming te bemagtig en moontlik te maak.

Vanjaar se tema vir Wêreld Gehoordag wat op 3 Maart gevier word, is Van gemeenskappe tot klaskamers – gehoorsorg vir alle kinders, en vanjaar vra die Early Hearing Detection and Intervention-gemeenskap van praktyk dat ons die rol van die gemeenskap in verband met gehoorgestremdheid heroorweeg. Klaskamers is ’n natuurlike toegangspunt om kinders te sif, maar ouers, versorgers en die gemeenskap bly van kritieke belang vir vroeë opsporing.

Die goue reël is, as jy twyfel, volg dit op – of dit nou by jou dokter, jou pediater of ’n gesondheidswerker is. Suid-Afrikaanse navorsing toon dat moederlike vermoede dikwels geïgnoreer word en dat dit byna ’n jaar vroeër tot ’n diagnose van baba-gehoorverlies sou gelei het.

“Wêreld Gehoordag moet nie net bewusmaking verhoog nie,” sê prof Swanepoel. “Dit moet die standaard verhoog. Ons het plaaslike bewyse, werkbare gemeenskapsmodelle en duidelike lesse oor wat deelname verbeter. Ons moet optree op grond van wat ons reeds weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button