Local newsNews

Amot blom vir prys in tuinekompetisie

Amot is in 2023 ook met 'n prys beloon toe dié tehuis 'n derde plek met die tuinekompetisie verower het, vertel matrone Teresa Broodryk. 'n Trotse prestasie wat net moontlik is danksy die toewyding en geesdrif van die inwoners en tehuispersoneel.

Nie eens die uitdaging met min water vir tuinmaak keer Amot se inwoners en personeel om mooi te maak met hart en siel nie. Die kleurvolle en kreatiewe tuine wat jy by dié tehuis sien, het gesorg dat Amot weer vanjaar onder die wenners van Ons Tuis se 2025 Woeker en Werk-Tuinekompetisie is.

By Amot word daar slim en kreatief tuingemaak.
By Amot word daar slim en kreatief tuingemaak.

Die kompetisie, wat einde 2023 die eerste keer bekendgestel is, is vanjaar landwyd oopgestel vir inskrywings, en het bejaarde residensiële fasiliteite van regoor Suid-Afrika die geleentheid verwelkom om deel te neem.

Amot se personeel en bejaardes werk ewe hard om die tehuis se tuine mooi en instand te hou.
Amot se personeel en bejaardes werk ewe hard om die tehuis se tuine mooi en instand te hou.

Vanjaar se inskrywings is deur die internasionaal bekende landskapontwerper Leon Kluge beoordeel. Kluge is bekend vir sy uitsonderlike bydraes tot tuinontwerp, en het hy die span gelei wat die RHS Chelsea Blommeskou in Londen in 2025 gewen het.

Matrone Teresa Broodryk met die oorhandiging van die pryse aan die tehuis.

Met die beoordeling is gekyk na ontwerp en kreatiwiteit, plantkeuse en kleurskemas, watergebruik en volhoubaarheid, ruimtebenutting en indeling, asook netheid en die algehele indruk. Kluge was beïndruk met dit wat elke deelnemende tehuis kon regkry veral die waterwyse plantgebruik by Amot wat hy as prakties en sag op die oog beskryf het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button