Local newsSport

Dis Parys teen Kroonstad vanaand

Hekke open vanaand om 18:30 vir ondersteuners met die afskop om 20:00.

Parys-rugbyklub speel vanaand (12 Maart) op sy tuisveld teen Kroonstad. Die wedstryd skop af om 20:00 op Hoërskool Parys se rugbyvelde. Hekke open reeds om 18:30. Toegang kos R10 per persoon en
kosstalletjies sal beskikbaar wees.

Ondersteuners is ook welkom om gasbraaiers en koelhouers te bring.

Parys het verlede Donderdag op ‘n sopnat tuisveld na reën in die laaste 20 minute van die wedstryd, die span van Bothaville geklop met ‘n eindtelling van 33-18.

Parys speel teen Bothaville rugbyklub
Parys teen Bothaville in aksie verlede week. Die foto is in die laaste minute van die wedstryd geneem voordat reën oor die veld uitgesak het. Foto: Liezl Scheepers.

Parys se drieë is aangeteken deur André van Zyl (2), Beuce Fortuin (2), Tobie Schlebusch (1) en Neil Henning (1) en vier doelskoppe. Spelers van die wedstryd was Tobie Schlebusch (voorspelers) en Tyler
Woodruff en Neil Henning (agterspelers).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button