Local newsNews

Polisie soek na verdagtes ná OTM-ontploffings

Die verdagtes het met 'n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

Die Vrystaatse Eenheid vir Georganiseerde Misdaad, Moord en Roof doen ’n beroep op die publiek om te help met die soektog na die verdagtes wat betrokke was by die OTM-bomontploffings by ’n kruidenierswinkel in Villiers op 23 Maart.

Twee OTM’s is geteiken, terwyl ’n derde nie beskadig is nie.

’n Groep van ongeveer sewe onbekende verdagtes, wat vermoedelik in ’n wit 7-sitplek voertuig (Toyota of Suzuki) met ’n onbekende registrasienommer gereis het, word met die voorval verbind.

Skote is op sekuriteitspersoneel en polisie afgevuur wat op die toneel gereageer het. Niemand is beseer nie.

’n Onbekende bedrag kontant is tydens die voorval gebuit.

Enigiemand met inligting word gevra om speur-konstabel Malefane Motloung te kontak by 082 603 5265 of Crime Stop by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook deurgegee word op die MySAPS-toepassing.

i

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button