
Tommy (44) en sy vrou Lo-Anne Koekemoer (41) is op 2 Desember in hul huis in Sauerstraat, Glen Donald, deur gewapende rowers oorval. Twee skote is afgevuur wat Lo-Anne noodlottig getref het. Lo-Anne se twee seuntjies (onderskeidelik 8 en 10), haar ma, suster en susterskind was ook in die huis ten tyde van die inbraak.
Die voertuig wat gesteel is, is gister verlate in De Deur gevind.
Indien enige persoon die verdagte opmerk kan ao. Cloete by 082 822 7637 geskakel word. Die polisie waarsku om versigtig te wees, want hy is gevaarlik en moontlik gewapen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





