Operasie Shanela lei tot arrestasie van 2 vir beweerde besit van dwelms
Albei mans is aangekla vir die besit van dwelms.
Twee mans is Vrydag, 2 Oktober, in afsonderlike voorvalle in Heilbron in hegtenis geneem nadat hulle tydens Operasie Shanela II met dwelms betrap is.
Sersant Josephine Rani sê lede van die Sasolburg Openbare Orde Polisie (POP) was besig met patrollies in Heilbron toe hulle inligting ontvang het oor twee persele wat na bewering vir dwelmhandel gebruik word.
Met hul aankoms by die eerste adres het die polisie ’n 40-jarige man met dwelms in sy besit gekry. Die polisie het beslag gelê op twee sakkies Crystal METH asook ’n kwart Mandrax-tablet.

By die tweede adres is ’n 28-jarige man met 15 sakkies Crystal METH in sy besit gekry.
Albei verdagtes sal in die Heilbron-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van dwelms.



