Muurbalklub se juniors blink uit by SA Junior Ope
Hierdie prestasies getuig van die harde werk van die spelers, sowel as die ondersteuning van hul afrigters en ouers.
Junior-spelers van Parys-muurbalklub het hul vernuf gewys tydens die SA Junior Open North toernooi wat van 29 tot 31 Maart in Pretoria gehou is.
Altesaam 13 spelers van die klub het aan die toernooi deelgeneem, waar vier van hierdie jong spelers plekke onder die top drie verower het.
Lara Cilliers het ‘n uitstaande prestasie behaal met ‘n eerste plek in die o11-afdeling. In die o13-afdeling het Micke Prinsloo ‘n derde plek verower. By die seuns het JP du Toit ‘n tweede plek in die o11-afdeling behaal, terwyl Duvan du Toit die eerste plek in die o13-afdeling ingepalm het.

Die res van die span het ook sterk vertonings gelewer en waardevolle wedstrydervaring opgedoen. Die klub is besonder trots op al 13 spelers se toewyding, sportmangees en deursettingsvermoë.



