Trek maar jou jas nader – winter is hier

Met die wintermaande wat voorlê is dit nou ook die tyd om seker te maak jou versekering is reg, want saam met winter kom verskeie risiko's.

Met twee opeenvolgende kouefronte wat die Wes-Kaap en Noord-Kaap reeds verlede week getref het, en bibberkoue temperature wat die week gevoel is, is een ding seker – winter is hier,

Marius Kemp van Santam, waarsku egter dat wintermaande ’n verskeidenheid risiko’s vir eiendomme, voertuie en huishoudelike inhoud bring, en dit is nie altyd die risiko’s wat mense verwag nie,” sê hy.

“As jy in ’n gebied woon wat geneig is tot swaar reën en oorstromings, kan voorsorgmaatreëls soos om jou dak vir lekkasies na te gaan, en jou geute skoon te maak, baie help om behoorlike waterdreinering te verseker,” meen Kemp.

Hy voeg by dat gevriesde of gebarste waterpype ook algemeen voorkom wanneer temperature daal, wat dikwels aansienlike skade aan geboue en inhoud veroorsaak.

Hoewel geiser-eise gewoonlik die algemeenste tipe eise is wat Santam gedurende die winter ontvang, is gebarste waterpype ook onder die mees algemene eise van huiseienaars. Juis daarom is dit belangrik om proaktiewe stappe te neem om jou huis te beskerm.

Kemp waarsku ook dat brande ’n groot bekommernis bly. “Omdat ons in kouer maande meer op elektriese toestelle staatmaak, neem die risiko van huisbrande toe,” sê hy. “Verwarmers en elektriese komberse is veral algemene oorsake van elektriese brande en moet met omsigtigheid gebruik word.”

Voorkomende maatreëls sluit in om ’n gereeld gediensde brandblusser by die huis te hou, verslete proppe en koorde te vervang, en seker te maak dat verwarmingsapparate minstens ’n meter weg van vlambare materiale soos gordyne of plastiek geplaas word. Kemp beveel ook sterk aan dat alle toestelle afgeskakel word voordat jy die huis verlaat.

Deur te verstaan watter versekeringsdekking in plek is en praktiese stappe te neem om voor te berei, sê Kemp kan Suid-Afrikaners verseker dat hulle gereed is om enige uitdagings hierdie winter die hoof te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button