Local newsSport
Parys sal spiere moet bult dié week vir ligatrofee
Parys-rugbyklub se segetog in die Griffons Tweede liga, bereik dié week 'n hoogtepunt wanneer die liga-finaal Vrydag beslis word.
Vrydag 15 Mei is D-dag vir Parys-rugbyklub wanneer die tuisspan in die Griffons Tweede liga-finaal te staan kom teen Bultfontein. Die wedstryd skop af om 20:00 op Hoërskool Bultfontein se rugbyveld.
‘n Taai stryd word voorspel met Bultfontein wat verlede jaar met die ligatrofee weggestap het.

Parys het in aanloop tot die finaal in April ook teen Bultfontein op Parys se tuisveld kragte gemeet en het Parys toe die besoekers ore aangesit met ‘n eindtelling van 26-24 in Parys se guns.
Alle oë is nou op Parys om Vrydag weer die spiere te bult om dié keer die ligatrofee huis toe te bring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



