Local newsNews

Meer as R100 000 se sonneblomsaad wat by Koppies gesteel is, teruggevind

Die twee verdagtes wat gearresteer is, sal weer op 17 November voor die hof verskyn.

Die polisie in Noordwes in samewerking met verskeie rolspelers, het twee verdagtes in hegtenis geneem en 25 sakke vermoedelik gesteelde sonneblomsaad teruggevind tydens ’n intelligensiegedrewe operasie wat Sondag 8 November gehou is.

Die saad is op ‘n plaas in die Koppies-distrik gesteel.

Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, het aanvanklike inligting daarop gedui dat die verdagtes die saad na Lichtenburg vervoer. Verdere inligting het egter aan die lig gebring dat hulle via Sannieshof na Setlagole onderweg was, het Myburgh gesê.

Die Sannieshof SAPD en burgerlike veiligheidsstrukture is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die wit Nissan voertuig waarmee die verdagtes vermoedelik gereis het. Nadat die voertuig opgespoor en voorgekeer is, is die 25 sakke sonneblomsaad in die voertuig gevind wat verbind word met die diefstalsaak wat in Koppies aangemeld is.

Die twee verdagtes Kagiso Motsaathebe (32) en Richard Amon (44) het Maandag 9 November in die Sannieshof-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Hulle bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning op Dinsdag 17 November.

Die ondersoek duur voort.

Van die gesteelde saad waarop beslag gelê is. Foto: SAPD
Van die gesteelde saad waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Noordwes, luitenant-generaal Arthur Peter Adams, het al die betrokke eenhede geloof vir uitstekende samewerking wat tot die inhegtenisnemings en die terugvind van die gesteelde goedere gelei het.

Adams het beklemtoon dat die SAPD verbind bly tot noue samewerking met boerderygemeenskappe en alle rolspelers om landelike en landboumisdaad te bekamp.

Hy het ook diegene wat by die diefstal en handel in gesteelde landbouprodukte betrokke is, gewaarsku dat hulle voor die hof gebring sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button