Local newsNews
Gou plan gemaak met pitte op die pad
Die insident het weer gewys hoe 'n gemeenskap en nooddienste kan hande vat.
Nadat daar net voor 16:00 vanmiddag gewaarsku is oor die glibberige pad, nadat ‘n vragmotor wat sonneblompitte vervoer het, van die pitte in die ry in Parys se hoofstraat laat val het, is blitsig plan gemaak om skoon te maak.

Dankie aan verbygangers en noodgroepe wat dadelik gewaarsku het oor die gevaar, en Parys Sekuriteit, Johnny’s Panelbeaters, en die Ngwathe Brandweer wat hulp verleen het om die pad vanaf die Potchefstroom-ingang van die dorp tot by die draai by Welkom-kafee skoon te maak, asook Ngwathe Verkeer wat bystand verleen het om die pad te beveilig terwyl skoongemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



