
Drie dae nadat die 18 jaar oue Tinkie soek geraak het toe haar eienaars getrek het, is sy vanmiddag gekry.
Nadat daar wyd en syd na haar gesoek is, en daar groot kommer was oor haar omdat sy haar medikasie nodig het, het iemand haar vanmiddag saam met n hawelose opgemerk en haar eienaars, Danie en Elise laat weet.
Hulle het dadelik gery en die man by die rivier saam met Tinkie gekry.
Vir drie dae het Shaun, die hawelose man, hom oor haar ontferm. N Wonderwerk en n daad van liefde wat Tinkie se lewe gered het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



