Local newsNews

Van smokwerk tot patroon uitlê sorg vir interessante VLU-gesprek

Die volgende byeenkoms van die plaaslike VLU-tak is in Augustus.

In ‘n klerefabriek word geen materiaal gemors nie. Patrone word beplan en gesny om die maksimum uit ‘n rol materiaal te kry. Van afvalstukke materiaal word klere vir babas en kleuters gemaak.

Charmaine Domingo het by die Vroue Landbou Unie (VLU) byeenkoms met haar interessante praatjie oor hoe dinge in ‘n klerefabriek werk, ook gewys hoe ‘n industriële skêr in ‘n japtrap deur 16 lae materiaal ‘n patroon uitsny.

Daar is die oggend ook oor smokwerk gesels met Stompie Thesner wat die vroue touwys gemaak het met rygwerk vir smokwerk.

Daar is ook die oggend oor smokwerk gesels. Foto: Verskaf

Taklede sal nie gedurende Junie en Julie vergader nie, maar is volstoom terug op 4 Augustus met nog interessante onderwerpe wat by dié byeenkomste bespreek sal word. Gaste is welkom om die byeenkomste by te woon.

Die plaaslike VLU-tak het ook onlangs aan die Women walk the world inisiatief deelgeneem. Foto: Verskaf
Die plaaslike VLU-tak het ook onlangs aan die Women walk the world inisiatief deelgeneem. Foto: Verskaf

Vir navrae skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082474 0304.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button