Bek-en-klou entstryd: Reuse oorwining vir boere
Die hofbeslissing word as 'n keerpunt in vee-eienaars se lang stryd teen Bek-en-klouseer beskryf.
Vee-eienaars mag nou self, onder duidelik gedefinieerde voorwaardes, wettig ingevoerde of vervaardigde BKS-entstowwe vir hul diere aankoop en self hul vee ent. Die tussentydse bevel is vandag in die Pretoriase Hooggeregshof gemaak in wat beskryf word as ‘n beslissende keerpunt in die stryd om Suid-Afrika se veebedryf teen bek-en-klouseer (BKS) te beskerm.
Dit kom nadat Vrystaat landbou, Saai en Sakeliga ‘n aansoek tot die hof gebring het teen onder meer die Minister van Landbou, John Steenhuisen.
Die hof het in sy bevel ook verdere onbehoorlike inmenging deur die staat verbied in wettige kommersiële verhoudings binne die entstofvoorsieningsketting, wat die behoefte aan ‘n funksionele en
toeganklike entstofmark versterk.
Verder het die Hof die Minister van Landbou, die Direkteur-Generaal en die Direkteur van
Dieregesondheid gelas om die regskoste van die aansoek te dra, wat die gevolge van
voortgesette vertragings en obstruksie beklemtoon.
Wat bepaal die hofbeslissing
- Boere moet vyf dae voor enting die staatsveearts skriftelik in kennis stel en moet aandui of dit ‘n eerste of tweede entstof-dosis is.
- 14 Dae nadat ge-ent is, moet die staatsveearts of provinsiale direkteur ook ‘n beëdige verklaring van die vee-eienaar kry met bewys dat alle regulasies nagekom is.
Uitspraak ondersteun verantwoordelike deelname van privaatsektor
VL het in sy reaksie gesê die uitspraak ondersteun die organisasie se standpunt dat daar
geen wettige basis is om verantwoordelike deelname van die privaatsektor aan
inentingspogings te verhoed nie.
Alhoewel die bevel onmiddellike tussentydse verligting bied, sal die saak tot finale
beslissing voortgaan, met verdere regstappe wat binne 20 dae ingestel sal word, het VL gesê.
Volgens Friedl von Maltitz, vise-president van VL, sal die organisasie voortgaan om
die regsproses te betrek om te verseker dat die finale regulatoriese raamwerk die
landbousektor ondersteun, lewensonderhoud beskerm en nasionale biosekuriteit
versterk.
“Hierdie bevel is ‘n groot stap vorentoe vir boere wat te lank blootgestel is. Dit bevestig
dat produsente verantwoordelike stappe kan neem om hul kuddes te beskerm, terwyl
vertragings en inmenging deur die regering nie meer aanvaarbaar is nie,” sê Francois
Wilken, president van VL.
Minister Steenhuisen het in ‘n verklaring gesê kennis word geneem van die uitspraak.
Steenhuisen sê sy departement se doelwit bly egter steeds om so vinnig moontlik twee dosisse entstof teen bek-en-klouseer vir minstens 80% van die nasionale beeskudde toe te dien, om bek-en-klouseer-vrye status met inenting vir Suid-Afrika te verkry.
Die minister se verklaring bevestig ook dat sedert Februarie vanjaar 13,5 miljoen dosisse BKS-entstof van plaaslike en internasionale bronne aangekoop is as deel van die regering se verskerpte reaksie op die uitbreking,



