Maureen Serfontein is die April-wenner van die Bybel-blokraai wat maandelikse deur AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word. Maureen vertel dat hoewel sy nie ‘n blokraai-verslaafde is nie, sy die Bybel-blokraai baie geniet om op dié manier die Bybel selfs nog beter te leer ken.
Sy wen die boek, ‘n Leier soos Jesus, gekryf deur Ken Blanchard en Phil Hodges.

Met die April-blokraai moes lesers vrae uit Genesis antwoord.
Vandeesmaand se vrae kom uit Hebreërs 11. As jy nog nie jou blokraai vir Mei ingestuur het nie, moet jy gou spring. Die sluitingsdatum is 29 Mei.
Om deel te neem is gratis en so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en te WhatsApp na 071 330 3882.

Moet ook nie vergeet van prof. Fika Janse van Rensburg en prof. Marius Nel se baie insiggewende gesprek oor die tema: Waarom verskillende Bybel-vertalings?
Kom luister op 20 Junie van 10:00-13:00 wanneer hulle die geheime van Grieks, Hebreeus, en die kuns van vertaling van antieke manuskrifte tot vandag se taal, ontrafel.
Dit word aangebied by AGS Sion-gemeente, Loopstraat 42, Parys. Registrasie is by die kerkkantoor tel. 067 109 5158.



