Die bruid en bruidegom beloof ewige trou. Foto verskaf deur Hannes de Wet
Hy was lank en sy baie kort. En so gebeur dit toe dat Giel van Vuuren die rol as bruid kry vir die agterstevoor troue waarmee Parys sy eeufeesviering 50 jaar gelede gevier het.
Parysenaar Dalene (Grimbeek) Bester onthou dié prettigheid nog baie goed. Sy was toe 16 jaar oud en vertel dat die dorp se landdros, mnr. Mans, die kamma-huwelikseremonie met die rolle wat omgeruil is, voltrek het. Na die seremonie is partytjie gehou waar die laerskool se sportgronde vandag is.
Die foto van ‘n agterstevoor troue waar die rolle omgeruil is, is geneem tydens Parys se eeufeesviering.Foto: Verskaf
Nog ‘n inwoner van Parys, Hannes de Wet, onthou ook die prettigheid en het nog heelwat foto’s van die agterstevoor troue.
Die Briud (Giel van Vuuren) ontmoed die bruidegom. Foto verskaf deur Hannes de Wet. Die strooimeisies van die agterstevoor troue. Een van hulle was dr. Van der Merwe. Foto verskaf deur Hannes de Wet. Die groepfoto van die bruidspaar en gevolg is na afloop van die agterstevoor troue geneem. Foto: Verskaf deur Hannes de Wet
Parys is vanjaar 150 jaar oud en onthou baie Parysenaars nog kosbare staaltjies van die dorp se geskiedenis.
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.