Local newsNews

Heilbron word deel van Metsimaholo: So raak dit kiesers

As gevolg van die inlywing van Heilbron by Metsimaholo, verander die aantal wyke in Ngwathe, wat beteken wyksnommers in Ngwathe het verander.

Heilbron sal ná die munisipale verkiesing in November deel wees van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, en nie meer die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit nie. Gevolglik sal Heilbron-kiesers onder Metsimaholo-wyke registreer, en is Heilbron-inwoners aangeraai om die Metsimaholo OVK-kantoor te kontak vir inligting rakende stemlokale.


Die Ngwathe jurisdiksie gebied sal dan net die dorpe Parys, Vredefort, Edenville en Koppies insluit. Die bevestiging is deur die Munisipale Afbakeningsraad (MDB) gegee.


Verandering van wyksnommers:


As gevolg van die inlywing van Heilbron by Metsimaholo, verander die aantal wyke in Ngwathe, wat beteken wyksnommers in Ngwathe het verander.


Stemlokale


Parys stadsaal is nie ‘n stemlokaal vir die komende munisipale verkiesing nie. Kiesers wat voorheen hier geregistreer en gestem het, sal nou by Hoërskool Parys registreer en stem. Belangrik is egter dat die verandering van wyksnommers en stemlokale nie kiesers se registrasiestatus beïnvloed nie.
In ‘n munisipale verkiesing kan jy slegs stem by die lokaal waar jy geregistreer is.

Illustration photo
Illustrasiefoto verskaf


Wie moet registreer?


Kiesers wat nog nie voorheen geregistreer het nie, of sedert die laaste verkiesing van adres verander het, moet seker maak dat hul wel vir die komende verkiesing geregistreer is.
Maak seker of jy geregistreer is


As jy twyfel of jy as kieser geregistreer is vir die verkiesing, kan jy jou registrasiestatus nagaan by registertovote.elections.org.za, jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure by die Forum gebou besoek, die OVK se webtuiste volg by www.elections.org.za, of jou ID-nommer SMS na 31810. Jy kan ook tydens die registrasienaweek, 20-21 Junie, by jou stemlokaal gaan seker maak of jy wel geregistreer is. Stemlokale sal die naweek oop wees van 08:00-17:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button