Verteenwoordig VS by Interprovinsiale muurbalkampioenskappe
Sterkte aan al hierdie spelers wat gaan deelneem.
Parys-muurbalklub spog met agt van sy spelers wat die Vrystaat sal verteenwoordig by die Interprovinsiale muurbalkampioenskappe.
o11 Uitnodigingspan en Vrystaatspan
Lara Cilliers – Uitnodigingspan
JP du Toit – Nr 1 Vrystaat-span
Lara en JP sal van 27 tot 30 Junie in George hul onderskeie spanne verteenwoordig.
o13 Vrystaatspan
Nr 2 – Micke Prinsloo
Nr 3 – Lexi Cilliers
Nr 4 – Amoné Pretorius
Die dogters neem van 27 Junie tot 1 Julie deel in Gqeberha.
o15 Vrystaatspan
Nr 2 – Stephan du Toit
Stephan sal van 27-30 Junie in Oos-Londen speel.
o17 Vrystaatspan
Nr 1 – Jasmaine Rust
Jasmaine speel van 27 Junie tot 1 Julie in Pretoria.
o17 Vrystaatspan
Vrystaat reserwe – Nicolas Cilliers





