Local newsNews

Elke hart wat gee is broodnodig

Tuisgebak, gekoop, ‘n toebroodjie of broodrolletjie – lank of rond – wat jy ook al kan gee, maak ‘n verskil.

Hoe moeilik moet dit nie wees om in hierdie winterkoue ‘n kind honger bed toe te stuur, of sonder ontbyt skool toe? Om nie te weet waar die volgende maaltyd vandaan sal kom nie. Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) jaarliks die Broodjiedag-projek aanpak om seker te maak dat daar in elke huis minstens ‘n brood sal wees.

Vandeesweek het Parysenaars die kans om ‘n verskil te maak met ondersteuning vir die projek wat môre, Vrydag 31 Julie, ten einde loop. Maar jy kan steeds daarna ook broodskenkings by die VVA-kantoor in Buitenstraat afgee, want vir hulle wat nie het nie is elke bydrae broodnodig.

VVA-personeel by van die brode wat alreeds ontvang is vir Broodjiedag. Foto: Liezl Scheepers
VVA-personeel by van die brode wat alreeds ontvang is vir Broodjiedag. Foto: Liezl Scheepers

Teen Donderdagmiddag (30 Julie) is reeds 400 brode ontvang. Kom ons probeer om verlede jaar se rekord van net meer as 600 brode te ewenaar of selfs meer brood in te samel.


Tuisgebak, gekoop, ‘n toebroodjie of broodrolletjie – lank of rond – wat jy ook al kan gee, maak ‘n verskil.

Elke brood wat geskenk word maak 'n verskil vir iemand in nood. Illustrasiefoto: Canva
Elke brood wat geskenk word maak ‘n verskil vir iemand in nood. Illustrasiefoto: Canva

As jy nie self jou broodskenking kan gaan aflaai by die VVA-kantoor nie, skakel (056) 811 2971, of WhatsApp 072 849 4590, om te reël dat die brood gehaal word.

Dankie aan elkeen wat reeds brood geskenk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button