Local newsNews
Busongeluk op N1 eis 11 lewens, talle beseer
Nooddienste is steeds op die toneel en motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te volg.
‘n Bus wat na raming minstens 60 passasiers vervoer het, het om 21:30 op die N1-hoofweg, sowat 24km noord van Trompsburg in die rigting van Edenburg, omgeslaan.
Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, het die bus dwarsoor die hoofweg te lande gekom en is 11 sterftes waaronder vyf kinders, en verskeie beserings bevestig.
Nooddienste was met die plasing van die berig steeds op die botsingstoneel.
Die pad is tans gesluit vir verkeer.
Motoriste wat op die N1 tussen Trompsburg en Edenburg beweeg is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak, het Mvambi gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



