Local newsNews

Kabinet sê ja vir langer geldigheid van sekere rybewys-kodes

Wetgewing moet egter eers gewysig word voordat die verlengde tydperk vir sekere bestuurskodes ingestel sal word.

Rybewyse met die kodes A, A1, B en EB, sal in die toekoms tien jaar geldig wees sodra gewysigde wetgewing hieroor in plek gestel is. Die kabinet het Donderdag 30 Julie sy goedkeuring hiervoor gegee.

Die geldigheidstydperk van rybewyse vir die bestuur van swaar kommersiële voertuie en voertuie wat vir openbare vervoer gebruik word, asook die hernuwingstydperk vir permitte vir beroepsbestuurders is egter nie verander nie.

Motoriste sal totdat die gewysigde wetgewing in plek is, steeds hul bestuurslisensie soos voorheen moet hernu voor die vervaldatum.

Die kabinet se besluit is deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) verwelkom. Outa het al in 2020 gevra dat die geldigheidstermyn van rybewyse verleng moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button