Local newsNews

Net 3 dae oor om seker te maak jou stem tel in die munisipale verkiesing

Die afgelope naweek se registrasienaweek was die laaste registrasienaweek voor die verkiesing op 4 November.

Stemgeregtigde kiesers wat die afgelope naweek die finale registrasienaweek gemis het, het nog net drie dae oor om aanlyn te registreer, of te herregistreer vir die komende munisipale verkiesing wat op 4 November gehou word.

Aanlyn registrasies en herregistrasies kan tot Vrydag 7 Augustus gedoen word, waarna die Minister van Koöperatiewe Regering en Tradisionale Sake (COGTA), Velenkosini Hlabisi, die plaaslike verkiesingsdatum amptelik sal proklameer. Sodra die verkiesingsdatum geproklameer is, moet die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) dieselfde dag om middernag alle registrasieplatforms sluit.

Om aanlyn te registreer of te herregistreer is vinnig, maklik en gratis. Jy het ook geen data nodig nie – maak net seker dat jou mobiele data aangeskakel is.

Om aanlyn te registreer, gaan na https://registertovote.elections.org.za

Wanneer moet jy herregistreer?

Herregistrasie is nodig wanneer jy sedert die laaste verkiesing verhuis het of jou residensiële adres verander het.

Deur seker te maak jou inligting is korrek op die kiesersrol, kan jy ook seker wees dat jy in die korrekte stemdistrik geregisteer is en by die regte stemlokaal sal wees op stemdag.

Illustrasie: OVK
Illustrasie: OVK

Maak seker van stemlokale

Anders as met ‘n nasionale verkiesing, kan jy met ‘n plaaslike verkiesing slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.

Om seker te maak by watter stemlokaal jy moet stem, gaan na https://maps.elections.org.za/vsfinder/

Korrekte adresbesonderhede is ‘n belangrike deel van die kiesersregistrasieproses

Waar addisionele verifikasie nodig is, kan kiesers gevra word om hul adresbesonderhede te gee, hoewel ‘n bewys van adres nie nodig is nie.

Finale registrasienaweek

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die OVK het vroeër gesê die finale registrasienaweek het goed afgeloop met meeste stemlokale wat betyds oopgemaak het. Hoewel aanlyn registrasies nog gedoen kan word, is daar nie weer geleentheid vir mense om in persoon by stemlokale te gaan registreer nie, het hy gesê.

Kiesers is egter aangeraai om nie te wag tot op die nippertjie om van die aanlyn platform gebruik te maak nie, omdat hoë volumes verkeer op die platform verwag word, namate tyd uitloop vir registrasies.

As jy nie geregistreer is nie, sal jy nie kan stem op 4 November nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button