Local newsNews

Twee brons medaljes vir Parys ná elite rolbalstryd

Die veterane kompetisie is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis op Parys-rolbalklub se bane gespeel,

Twee van Parysrolbalklub se spelers het geskitter met bronsmedaljes in die Ope en Veterane kompetisies van die elite Noordwes Meesterstoernooi. Slegs die room van die streek se rolbalspelers is genooi na die toernooi.

Parys se Poena Olivier en Francois van der Merwe van Potchefstroom Country Club
het in die Mans Ope-toernooi bronsmedaljes ingepalm, terwyl Dries de Jager (Parys) en Johan van
den Heever, hul bronsmedaljes in die Mans Veterane kompetisie verdien het. Albert Britz van Potchefstroom Country Club was die goue medalje mans wenner van die ope-kompetisie,
en Ronel Olivier van Afrimat die dameswenner.

Dries de Jager (links) wat brons in die Veterane-kompetisie verower het.
Dries de Jager (links) wat brons in die Veterane-kompetisie verower het.

By die Veteranekompetisie vir mans het Errol Booth met die louere weggestap, en by die dames was dit Jillian Booth wat met goud kon spog.

Die veterane kompetisie is vanjaar die eerste keer in die geskiedenis op Parys-rolbalklub se bane gespeel, en is mededingende spel van hoogstaande gehalte deurgaans gesien.

Regs is Poena Olivier wat kon spog met brons in die Ope-kompetisie van die enkeltoernooi.
Regs is Poena Olivier wat kon spog met brons in die Ope-kompetisie van die enkeltoernooi.

Baie geluk ook aan Dalena Reynecke en Jan Harmse, wat ook Parys-rolbalklub by die toernooi verteenwoordig het.

Parys se Dries de Jager, Poena Olivier, Jan Harmse en Dalena Reynecke wat genooi was na die Elite-toernooi.
Parys se Dries de Jager, Poena Olivier, Jan Harmse en Dalena Reynecke wat genooi was na die Elite-toernooi.
Dalene Peens wat silwer in die
Veterane-kompetisie verower
het. Foto: Liezl Scheepers
Dalene Peens wat silwer in die Veterane-kompetisie verower
het. Foto: Liezl Scheepers
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button