Local newsNews

Bejaarde Potchefstroom-man vermis

Hy is die laaste keer by die Mooirivier-winkelsentrum in Potchefstroom gesien

Die polisie in Potchefstroom doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om die 60-jarige Jurie Jacobus Pieters te vind wat sedert Woensdag, 5 Augustus, vermis word.

Pieters is volgens die polisie op 5 Augustus deur die bestuurder van Huis Hebron Farm gesien toe hy hom by die Mooirivier-winkelsentrum afgelaai het.

’n Omvattende soektog en ondersoek het tot dusver nog niks opgelewer nie.

Pieters het ten tyde van sy verdwyning ’n swart baadjie, blou denim en bruin stewels aangehad en dra ‘n bril. Hy het ’n ligte gelaatskleur, ’n skraal liggaamsbou en grys hare.

Enigiemand wat inligting het oor waar Pieters hom bevind, of hom gesien het, word versoek om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Lungile Plaatjie, by 082 779 7200 te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button