Local newsSport
Ringtennisklubspelers ryg medaljes in by SA Dubbels
Parys-ringtennisklubspelers het hulle al as gedugte teenstanders bewys.
Parys-ringtennisklub spog met verskeie medaljes wat op 10 Oktober by die SA Dubbels-kampioenskappe in Vanderbijlpark verower is.
Cadee-Grace en Kara Bampa verower elk silwer vir dogters o13. Mikhail Bampa verwerf goud vir seuns o13, terwyl Declan Bampa silwer ontvang vir seuns o16.
Aneri du Toit het brons vir Dames o21 gekry, Esther Goosen brons in die Veterane Dames-afdeling, Dewald Meyer goud vir seuns o16, en Sumia Visser brons vir Dames o21.
Johan en Christo Britz het die klub se sukses by die kampioenskappe afgerond met brons in die Veterane Mans-afdeling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



