Local newsNews

10-10 Captures: Deel jou wêreld deur jou lens

Die 10-10 Captures WhatsApp groep gee jou geleentheid om wat jy voor jou sien om 10:00 daagliks met ander te deel.

10-10 Captures is ‘n inisiatief waarmee mense elke dag om 10:00 dit wat hul voor hul sien in daardie oomblik met ander deel op ‘n WhatsApp-groep.

‘n Ongelooflike versameling foto’s is die afgelope week op die groep gesien.

Elke foto wat gedeel word, is meer as net ‘n foto. Dit is ‘n klein stukkie van jou wêreld om 10:00 – ‘n oomblik uit jou lewe, jou werk, jou gesin en jou omgewing.

Elkeen van ons maak elke dag ‘n bydrae. Soms groot, soms klein, maar elke bydrae tel. Deur ons werk, ons gesinne, ons gemeenskappe en die manier waarop ons mekaar ondersteun, help ons om iets beter te bou.

10 -10 Captures herinner ons daaraan om vir ‘n oomblik stil te staan en te besef: Ek is deel van iets groter as myself.

Hou aan om daardie foto’s te deel. Hou aan om positief te wees. Hou aan om jou wêreld te wys.

Die WhatsApp-groep waaraan enigeen kan deel wees is oop:

  • Maandae tot Saterdae
  • Die groep open daagliks om 09:50 en sluit om 10:10
  • Geen advertensies of onvaspaste foto’s word toegelaat nie.
  • Geen gesprekke of kommentaar word toegelaat nie – geen argieffoto’s, net dit wat jy nou, in die oomblik, voor jou om 10:00 sien.
  • Die groep word elke 24 uur skoongemaak.
  • Jy kan ook die groep se stellings op jou foon so verander dat foto’s nie in jou foto gallery gestoor word nie en dit ‘mute’ sodat dit nie vir jou steurend sal wees nie.
  • Word deel van hierdie inisiatief en sien die wêreld deur ander se oë.

Volg die skakel hieronder om deel te word.

https://chat.whatsapp.com/CmBLROrlW5A1KYTg7e3Aab?s=qt&p=a&mlu=4

Hier is enkele van die foto’s wat dié week geplaas is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button