Moue opgerol om mooi te maak by dié eiland
Die projek is gedoen onder die vaandel van MooiParys.
Die verwaarloosde eiland in Eerstelaan is onlangs danksy ‘n inisiatief van MooiParys onder hande geneem.
Philip en sy span van KelRoy Gardening & Landscape. het baie harde werk, moeite en ure ingesit om die eiland netjies te maak, en is die eiland-randsteen kleur gegee met verf geskenk deur Parys
Mega Mica.
Daniël van die Sonskyn Tehuis vir Bejaardes het ook ‘n groot rol gespeel in hierdie projek met sy betrokkenheid om ‘n verskil te maak.

Hierdie is meer as ‘n eiland wat opgeknap is. “Dit is ‘n klein tree vorentoe om die dorp mooi te maak – eenplek op ‘n slag,” sê Phillip. En vir motoriste wat daagliks hier verby ry, het die projek beslis
‘n verskil gemaak.





