Geen ekstra tyd om kandidate te benoem, sê OVK na ANC verklaring
Suid-Afrikaners sal op 4 November landwyd stem in die plaaslike regeringsverkiesing.
28 Augustus was die spertyd vir kandidaatbenoemings vir die komende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November, en geen grasie tyd sal vir enige party of onafhanklike kandidaat toegelaat word om bykomende kandidate te registreer nie.
Die OVK het die bevestiging gegee in reaksie op ‘n ANC-verklaring Sondag 31 Augustus, waarin beweer is dat ‘n tegniese probleem met die OVK se aanlyn-registrasiestelsel glo die oorsaak is dat dié party nie sy volledige kandidatelyste vir vier munisipaliteite kon registreer nie. Dit sluit in die Port St Johns, Walter Sisulu, Sondagsriviervallei en Ingquza Hill munisipaliteite.

Die OVK het die ANC se bewerings verwerp en gesê sy stelsel was al sedert 21 Junie beskikbaar selfs voordat die benoemingsproses op 7 Augustus begin het, en dwarsdeur die proses tot en met die spertyd op 28 Augustus om 17:00.
Die finale lys van suksesvolle kandidate vir die komende verkiesing moet op 16 September gepubliseer word.



