Local newsNews

Vrystaatse gesin in hof vir beweerde dieselbedrog

Die vier sal weer op 16 September voor die hof verskyn.

Pieter Smit (63), sy vrou Elizabeth (62), asook hul seuns Marnu (32) en Estean Smit (30), is Maandag op borgtog van R5 000 elk vrygelaat kort nadat hulle dieselfde dag in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Volgens die klagstaat het hulle glo ‘n onderneming wat diesel aan boere verskaf met R940 000 oor ‘n tydperk bedrieg.

Valke-woordvoerder Luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli sê die klaer het in September 2021 die R700 Truck Stop in Hoopstad vir ongeveer R1,7m gekoop. Smit Sr en sy seuns was na die verkooptransaksie verantwoordelik vir die bedryf van die onderneming.

Illustrasiefoto verskaf
Illustrasiefoto verskaf

Die nuwe eienaar het egter agterdogtig geraak nadat die onderneming nie winsgewend was nie.

‘n Ondersoek het toe gevind dat meer as R900 000 glo onregmatig bekom is deur fondse wat tussen verskillende bankrekeninge geskuif is, insluitend ’n rekening van Landboudienste Diesel (Edms.) Bpk. ’n maatskappy waarvan een van die seuns ’n direkteur is.

Die saak is by die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekeenheid in Welkom aangemeld.

Dit het daartoe gelei dat lasbriewe vir die beskuldigdes uitgereik is.

Die volgende hofverskyning is op 16 September wanneer die beskuldigdes na verwagting in die Gespesialiseerde Kommersiële Misdaadhof in Bloemfontein sal verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button