Hartelusmark: Parys steeds hartsplek ná 150 jaar
Die maandelikse Hartelusmark het vanoggend met 'n spesiale foto-uitstalling Parys se 150ste bestaansjaar gevier.
Aan die oewer van die Vaal het foto’s vanoggend die storie vertel van dié Vrystaatse juweel wat na jare steeds een van die land se gewilde toerismebestemmings is.
Die dorp vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar, en het die klank van die saksofoon, die mooi van ‘n sonskyndag aan die oewer van die Vaalrivier, kleurvolle stalletjies, en die hartlikheid van dié maandelikse mark vanoggend weer herinner aan die sjarme waarmee die dorp bekoor, en sy arms wyd oopgooi vir besoekers wat naweek na naweek hier die rustigheid van die platteland kom geniet.





Vandag het dié mark nie net in kleur en klank gedeel in die dorp se 150 jaar viering nie. Dit was ‘n viering van kuns, musiek, saamwees, en lekkernye wat jou nooi om elke eerste naweek van die maand, hier te kom draai in die hart van die Vrystaatse Parys.



















