Oud-Parysenaar Jan-Hendrik Keyser is Sondag 13 September in die ouderdom van 59 jaar oud aan ‘n hartaanval oorlede.
Op die Facebook-blad Bothaville Toeka tot Nou het Erna Joubert hulde aan Jan-Hendrik gebring met die woorde: “Jan-Hendrik was een van daardie mense wat deel geword het van ‘n dorp se hart. ‘n Sagte mens. ‘n Bekende gesig. Iemand wat geliefd was en wie se teenwoordigheid vir baie mense iets beteken het.”

Hy was ten tyde van sy dood in Bothaville gevestig.
Die troosdiens is Vrydag 18 September om 10:00 en sal plaasvind vanuit die NG Moedergemeente Bothaville.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



