Local Election News
Hof sê nee vir ANC oor kandidate
Suid-Afrikaners stem op 4 November in die landwye munisipale verkiesing.
Die ANC het in ‘n verklaring aangedui dat hy wil appèlleer teen vanoggend se hofbeslissing waarin dié party se aansoek van die hand gewys is om die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te dwing om ses munisipaliteite se wykskandidate van die ANC te aanvaar, wat na die spertyd vir kandidaatlyste vir die komende munisipale verkiesing ingedien is.
Die munisipaliteite wat geraak word is Ingquza Hill, Manguang, Port St Johns, uMshwathi, Walter Sisulu en Sondagsriviervallei.
Die spertyd was 28 Augustus om 17:00.
Die ANC beweer dat die party nie die spertyd kon haal nie weens tegniese probleme wat glo op die OVK se aanlynstelsel ondervind is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



