Local newsNews
Rekordgetal inskrywings vir blokraai
Lesers kan nou inskryf vir die maand se blokraai-kompetisie.
Theresa Poolman se eerste inskrywing vir die maandelikse Bybelblokraai wat deur AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word, het aan haar die boekprys, Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet, geskryf deur Riekert Botha en Albert Theron, besorg.
Sy is die Augustus-wenner van die blokraai wat oor Genesis gehandel het.

Theresa geniet blokraaisels en skryf gereeld in vir kompetisies. Kyk uit vir die September-blokraai in hierdie week se Gazette.
Om deel te neem is gratis en so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en te WhatsApp na 071 330 3882.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



