Bye-aanval: Dringende waarskuwing – vermy hierdie omgewing
Verskeie mense en diere is reeds vanoggend hier deur die bye gesteek.
Daar is geweldig baie bye in Freedmanstraat en verskeie mense en diere, ook in omliggende strate soos Loop-, Wes- en Uniestraat is vanoggend deur die bye gesteek. Mense word baie dringend gewaarsku om hierdie omgewing te vermy. Die situasie is lewensgevaarlik.
Mense kan nie in of uit hul huise beweeg nie.
Hou jou troeteldiere in die huis en maak vensters en deure toe waar moontlik. Maak ook seker jou kinders beweeg nie na buite toe nie.

Noodmediese personeel is steeds op die toneel om hulp te verleen waar ‘n dame vanoggend in Uniestraat deur die bye gesteek is, terwyl die DBV-personeel ook bystand op die toneel verleen.
Twee perde van ‘n perdekar en verskeie honde en mense is deur die bye aangeval. Van die honde is reeds na die veeats geneem, terwyl daar ook omgesien word na die perde.

Bly asseblief weg hier. Die situasie is uiters gevaarlik.



