Minder as ‘n halfuur oor om te stem
Onthou om jou ID dokument saam te neem wanneer jy gaan stem. Jy het nog minute tyd om te gaan stem.
Suid-Afrikaners het nou minder as ‘n uur oor om te stem in die landwye munisipale verkiesing. Stemlokale sluit vanaand om 21:00 waarna begin word met die tel van stemme.
In die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het die stemproses deurgaans vlot verloop. Hoewel stemlokale vroegoggend besig was en mense toe nog tou gestaan het, het dit vanaf 12:00 vanmiddag heelwat stiller geword hoewel mense steeds deurentyd kom stem het.

Kiesers het by al die stemlokale wat besoek is gesê dat hulle vinnig en vriendelik gehelp is, en dat OKV-beamptes behulpsaam was.


Oral was mense gemoedelik, en optimisties om te stem. Dit was ook duidelik dat munisipale dienslewering meer as ooit tevore ‘n groot knelpunt vir kiesers is en was standhoudende water- en kragvoorsieing, die instandhouding van infrastruktuur, en die toestand van veral paaie van die dinge wat mense wil hê dringende aandag moet kry. Werkskepping, ‘n einde aan korrupsie en deursigtige munisipale bestuur is ook uitgesonder deur kiesers as van die dinge wat reggeruk moet word.


Onder die kiesers wat vandag by stemlokale gesien is, was ook heelwat jongmense.
OVK-beamptes het ook by al die stemlokale wat besoek is gesê dat daar deur die loop van die dag voortdurend mense was om te stem, maar nêrens het mense nodig gehad om in ellelange rye te staan nie.















