Hier is die wykskandidate vir die Ngwathe raad
Die volgende paar dae sal bepalend wees vir die toekoms van die Ngwathe Raad.
Alle stemme in die Ngwathe munisipale gebied is getel en is die nie-amptelike verkiesingsuitslae reeds op die OVK se regstreekse aanlyn portale bekendgemaak. Partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, het nou geleentheid tot 17:00 vanmiddag om besware in te dien.
Nadat besware hanteer is, sal die OVK amptelik die verkiesingsuitslae verklaar.
Die wykskandidate wat in Ngwathe se 14 wyke die meeste stemme gehad het, is:
Wyk 1 – Babiki Lazarus Dewet (ANC)
Wyk 2 – Tshediso Ramabodu (ANC)
Wyk 3 – Anse-Marié Paul (DA)
Wyk 4 – Mbuyiselo Wilson Nyashe (ACT)
Wyk 5 – JP De Villiers (DA)
Wyk 6 – Mohau Thabiso Joseph Mosepedi (ANC)
Wyk 7 – Marié La Cock (DA)
Wyk 8 – Pontsho Veronica Maboea
Wyk 9 – Thabo Petrus Sothoane (ANC)
Wyk 10 – Pule Richard Molete (ANC)
Wyk 11 – Motshidisi Martha Motsoeneng
Wyk 12 – Elias Moletsane (ANC)
Wyk 13 – Seabata John Mosito (ANC)
Wyk 14 – Ephaus Sipho Nthoesane (ANC)
Die Ngwathe Raad sal nou na die 2026 munispiale verkiesing 27 setels hê wat as volg toegeken is:
ANC – 10
DA – 8
ACT – 4
VF+ – 2
EFF – 2
SAKP 1
Vir ‘n party om ‘n meerderheid in die raad te hê is 14 setels nodig wat beteken dat nie een van die partye tans die meerderheid in die raad het nie. Gevolglik laat dit die deur oop vir koalisies en sal die volgende paar dae bepalend wees vir hoe die Ngwathe Raad uiteindelik daar sal uitsien.
Wat wel verwag kan word is dat daar ernstige gesprekke om tafels binne die volgende paar dae sal wees om uiteindelik te bepaal of, en indien wel, wie as koalisievennote kragte sal saamsnoer. Die eerste raadsvergadering moet binne 14 dae na die verkiesing gehou word.
Heilbron is nou na die verkiesing nie meer deel van die Ngwathe munispale gebied nie, maar wel deel van die Metsimaholo munispale gebied. Die skuif het beteken dat Ngwathe nou vier wyke en tien setels in die raad minder het.
- Nasionaal is 75% van uitslae kort voor 11:00 vanoggend aan die OVK verklaar.
Volg ook die skakel https://results.elections.org.za/dashboards/lge/ vir volledig opgedateerde verkiesingsuitslae.



