Munisipale verkiesing: Dit is wat die uitslag vir Ngwathe beteken
Stemtelling in die Ngwathe munisipale gebied is afgehandel.
Hoewel nog nie amptelik deur die OVK verklaar nie, het die ANC met alle stemme getel, die meerderheid stem in die Ngwathe munispale gebied (Parys, Vredefort, Koppies en Edenville) behaal met ‘n stempersentasie van 36,01% (19 943 stemme). Die DA het 28,26% (15 654) stemme behaal, maar beduidende groei getoon met wyke 3 en 5 wat vir die eerste keer nou ook DA wyke is.
Die African Congress for Transformation (ACT) het ook gegroei met ‘n stempersentasie van 15,21% (8 425 stemme), terwyl die Vryheidsfront Plus 7,92% (4 386) van stemme gekry het.
Die EFF het 6,30% stemme gekry en die SAKP 3,19%.
Wyke
Die ANC het gevolglik ‘n oorwinning in 10 van die 14 Ngwathe wyke behaal.
Die DA het drie wyke (wyke 3,5 en 7 waarvan wyk 7 behou is, maar wyk 5 en wyk 3 die eerste keer gevat is)
ACT het 1 wyk
Partysetel verdeling
ANC – 10
DA – 8
ACT – 4
VF+ – 2
EFF – 2
SAKP – 1
Veertien setels is nodig om die meerderheid te kan hê in die Ngwathe Raad met sy 27 setels. Dit beteken dat geen party die meerderheid het nie, en dit die moontlikheid laat vir koalisie.
So het dit verander van 2021
Met die 2021 verkiesing het die ANC 42,88% stemme gehad, die DA 38,06% en die Vryheidsfront Plus 7,80%.
Waar die DA met die 2026 verkiesing nou drie wykskandidate en vyf proporsionele raadslede op die Ngwathe Raad sal hê, het die party in 2021 net een wykskandidaat en ses proporsionele verteenwoordigers gehad.



