Local Election News

Munisipale verkiesing: Finale uitslae teen die naweek verwag

Finale stemuitslae word teen die naweek verwag.

Stemme in al 53 stemdistrikte in Ngwathe is getel, maar is uitslae is nog nie amptelik verklaar nie.

Die voorlopige aanduiding is dat die ANC die meeste stemme gehad het en ‘n oorwinning in 10 van die 14 Ngwathe wyke behaal het, met die DA wat drie wyke het (wyke 3, 5 en 7) en ACT een wyk.

Let egter daarop dat hierdie nog nie die finale en amptelik verklaarde uitslae is nie. Die OVK sal na verwagting teen die naweek die amptelike uitslae bekend maak.

Teen 17:00 Donderdag 5 November, was meer as 60% van uitslae landwyd verwerk.

Die OVK het gemaan dat die publiek versigtig moet wees met die interpretering van voorlopige en gedeeltelike uitslae, en eerder moetwag vir die aankondiging van die amptelik geverifieerde uitslae van die OVK.

'n Illustrasie van hoe voorlopige stemuitslae landwyd lyk. Illustrasie: SA Government News
‘n Illustrasie van hoe voorlopige stemuitslae landwyd lyk. Illustrasie: SA Government News
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button