Vredefort-rolbalklub kies bestuur – groot planne vir 2027
Vir groentjies op die rolbalbaan is daar gratis geleentheid om die spel te leer.
Vredefort-rolbaklub het groot planne vir 2027 om meer sosiale en kompetisie-rolbal geleenthede aan te bied, en die klubhuis ‘n gesellige kuierplek te maak. Of jy ‘n beginner, oud-klublid of skolier is – jy is welkom om deel te word van die klub.
Vir groentjies op die rolbalbaan is daar gratis geleentheid om die spel te leer. Die speltye vir rolbal is Maandae, Woensdae en Saterdae 13:30 vir 14h00.
Vrydagaande word daar vanaf 18:00 veerpyltjies in die klubhuis gespeel.
Bouwerk vir die nuwe jukskeibaan by die rolbalklub is in volle gang, en daar word beplan om binnekort die muurbalbaan te heropen.

Die rolbalklub se dinamiese bestuurspan is: Johann van der Merwe (president), Louis Maritz (vise-president), Carlien Brits (sekretaresse/wedstrydsekretaresse), Shirley Maritz (tesourier), Gert Olivier (baanmeester), Herman le Grange en Wilkie Wilken (kroegbestuur) en Christel Wilken (funksiekoördineerder).

Kom wees deel van 2027 se storie en kom kyk wat die rolbalklub in Vredefort bied.



