NewsNews

Skok en afgryse oor stortingsterrein-chaos

Die afgryslike toestand van Parys se ongelisensieerde stortingsterrein het selfs mnr. James Letuka, lid van die provinsiale wetgewer, gemoeid met omgewingsake, geskok. Letuka het verlede Donderdag saam met DA-raadslede, Small Sehume, Saal de Jager en Shirley Vermaak die terrein besoek, nadat De Jager, wat al vir die laaste jaar probeer om die munisipaliteit te dwing om die terrein weer gelisensieer te kry, op provinsiale vlak begin hulp vra het. Letuka het onderneem om die onaanvaarbare toestand van die stortingsterrein op hoë vlak aan te spreek. Daar is reeds vir die afgelope ses jaar nie meer beheer oor die terrein nie en die munisipaliteit se verskoning is dat hy ’n kontrakteur aangestel het om die situasie te ondersoek, sê die DA. Intussen word niks gedoen om die veiligheid van die publiek by die terrein te verseker wat dikwels self vullis na die terrein moet aanry weens onbetroubare munisipale vullisverwydering - of selfs om die gesondheidsgevaar hier aan te spreek.

Die afgryslike toestand van Parys se ongelisensieerde stortingsterrein het selfs mnr. James Letuka, lid van die provinsiale wetgewer, gemoeid met omgewingsake, geskok. Letuka het verlede Donderdag saam met DA-raadslede, Small Sehume, Saal de Jager en Shirley Vermaak die terrein besoek, nadat De Jager, wat al vir die laaste jaar probeer om die munisipaliteit te dwing om die terrein weer gelisensieer te kry, op provinsiale vlak begin hulp vra het.
Letuka het onderneem om die onaanvaarbare toestand van die stortingsterrein op hoë vlak aan te spreek. Daar is reeds vir die afgelope ses jaar nie meer beheer oor die terrein nie en die munisipaliteit se verskoning is dat hy ’n  kontrakteur aangestel het om die situasie te ondersoek, sê die DA. Intussen word niks gedoen om die veiligheid van die publiek by die terrein te verseker wat dikwels self vullis na die terrein moet aanry weens onbetroubare munisipale vullisverwydering – of selfs om die gesondheidsgevaar hier aan te spreek.
Behalwe dat hier geen beheer op die terrein is nie, leef talle van die afval op die terrein en word daar op mense afgestorm wat vullis kom stort. Soveel so dat selfs die munisipaliteit al erken het dat sy werknemers té bang is om beheer oor die terrein te neem, uit vrees vir hulle wat op die vullishope leef, sê die DA-raadslede.
Een van die boere van die distrik, mnr. Vicky van der Westhuizen, wat daagliks verskeie kere die pad moet ry, het nou ná 2 jaar se vergeefse pogings om samewerking van die munisipaliteit te kry, met die hulp van sy prokureur ’n  skrywe aan die Groen Skerpioene gerig. Hierin lig hy sy kommer oor die veiligheid en omgewingsgesondheidsgevaar wat die terrein in sy huidige toestand inhou. Van der Westhuizen sê hulle skraap gereeld die pad op eie koste, maar die munisipaliteit doen niks van hul kant om te help met die probleem. Die Groen Skerpioene het ontvangs erken en onderneem om nie later nie as Vrydag 3 Februarie te antwoord.  Die chaos by die terrein het reeds veroorsaak dat ’n  onwettige stortingsterrein ’n kilometer vanaf die bestaande terrein nader aan die dorp ontstaan het. Die vullis lê al tot teen die pad en wanneer dit reën, loop die afvalwater van die stortingsterrein direk in die Oudewerfspruit wat weer in die Vaalrivier inloop waaruit Parys sy drinkwater onttrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button