NewsNews

Chaos heers in Johannesburg

Chaos heers vandag in Johannesburg na metertaxi’s vroeg vanoggend die R24-snelweg (oostelike rigting tussen die Edenvale en Barbaraweg-afrit) versper het in ‘n protesoptog teen Uber.

Minstens 60 metertaxi’s het ook die linkerbaan van die Olifantfontein-afrit (noordelike rigting) blokkeer.

Ander paaie wat geraak word is die R21 in ’n suidelike rigting, oorkant die OR Tambo-lughawe.

Diegene wat vroegoggend ‘n vlug moes haal het dit heel moontlik verpas, terwyl ander besluit het om voet te slaan lughawe toe.

Die EMPD werk tans daaraan om die paaie weer oop te kry vir die verkeer.

Sommige het maar besluit om voet te slaan lughawe toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button