Pretoria het die Melktertkampioen
Suid-Afrika se eerste Melktertkampioen is Rita Schuster van Pretoria, gekies uit honderde Suid-Afrikaners wat mense wat melktert maak met sòveel liefde en deernis – die soetste simbool van ons Suid-Afrikaanse kultuurskat. Ons eet melktert as ons gelukkig is en as ons treur. Groot mans huil in hul harde baarde as die troostende geure hul terugvat …

Suid-Afrika se eerste Melktertkampioen is Rita Schuster van Pretoria, gekies uit honderde Suid-Afrikaners wat mense wat melktert maak met sòveel liefde en deernis – die soetste simbool van ons Suid-Afrikaanse kultuurskat.
Ons eet melktert as ons gelukkig is en
as ons treur. Groot mans huil in hul harde baarde as die troostende geure hul terugvat na die duimvashou as kind dat daar genoeg vlapap
in die kastrol sal oorbly om
uit te eet.
By teepartytjies troon die melktert uit tussen
koeksisters, konfyttertjies en haar ander soet
gesante, en by kerkbasaars skouer gemeentelede mekaar om eerste by die melkterttafel uit te
kom.
Melktert is ’n monument vir die selfbemagtiging van hulle wat met die inkomste van hul tuisnywerheidmelkterte hul kinders geleer kry -woorde van ons immer-geliefde Erieda du Toit.
Melktert is so Suid-Afrikaans soos biltong, droëwors,
braai en koeksisters maar wie kan die lekkerste melktert in Suid-Afrika bak?
Deeghuys se soektog na Suid-Afrika
se eerste melktertkampioen het tot ‘n einde gekom.
Ter viering van Nasionale Melktertdag
is honderde inskrywings ontvang van regoor die land.
Twinting finaliste was gekies in die eerste ronde, en daarna 4 top bak finaliste. Hulle was Riaan Grobler, Marie Lamprecht, Liezel Hartenberg en Rita
Schuster.
Op 16 Maart het hierdie ongelooflike finaliste om dié gesogde titel meegeding by die Deeghuys Proekombuis in Durbanville en hulle het gebak dat die stof, of dan melk, so staan!



