NewsNews

Beeste geslag, vleis gelos

Vyf beeste is Dinsdag op ’n plaas langs die R54 geslag, maar niks van die vleis is gevat nie. Volgens Sarel van der Wat, deel van die landelike veiligheidsgroep, is die beeste naby Enselspruit gevind. Daar word vermoed dat die stropers gesteur is terwyl hulle die beeste geslag het. Die voorval het gebeur kort na …

Volgens Sarel van der Wat, deel van die landelike veiligheidsgroep, is die beeste naby Enselspruit gevind.
Daar word vermoed dat die stropers gesteur is terwyl hulle die beeste geslag het.
Die voorval het gebeur kort na die voorval waaroor Parys Gazette vroeër berig het en waar 14 beeste lewend op ’n plaas naby Parys geslag is.
Die sogenaamde “kapbende” het nou reeds vier keer op plase in die onmiddellike omgewing toegesak.

Volgens Kapt. Ernst Appels, polisiewoordvoerder, is ses beeste vanaf ‘n plaas in Driefontein gesteel.

“Die Fochville polisie en die veediefstaleenheid het op die grusame toneel gekom toe die beste gevind is,” vertel Appels.

Die waarde van die beeste wat geslag is,is om en by R60 000. Appels het die gemeenskap gemaan om enige inligting aan die Fochville polsiie te raporteer by 018 7711100.

“Dit is ‘n hartseer dag vir die gebied, aangesien vee die hartklop van ons boeregemeenskap is. Fochville het ‘n funksionele boerderyforum gestig en ons sal hierdie saak in diepte hanteer. Ons waardeer die lede van hierdie forum se hulp in die ondersoek van die gesteelde voorraad, “het Lt Kol Mathomela, Stasiebevelvoerder van Fochville, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button