Local newsNews

Rand Water waarsku oor waterverbruik; stappe kom

Rand Water het vroeër die week reeds gewaarsku oor die waternetwerk wat onder druk is.

Munisipaliteite waar nie gehoor gegee is aan Rand Water se waarskuwings om waterverbruik te verminder nie, kan verwag dat die watervoorsiener stappe sal instel om die watervoorsieningstelsel te beskerm en billike verspreiding te verseker. Rand Water het reeds aangedui dat die stappe lae waterdruk of onderbroke watervoorsiening kan insluit om so watertoevoer te beperk na munisipaliteite wat voortgaan om hul waterverbruiksvolumes te oorskry.

Rand Water het vroeër die week gewaarsku dat verskeie munisipaliteite se waterverbruik buitengewoon hoë vlakke bereik het, wat ernstige druk op die watervoorsieningstelsel plaas.

Munisipaliteite wat na die waarskuwing steeds hul toegelate waterverbruik oorskry, sluit in:

  • Johannesburg Metro
  • Tshwane Metro
  • Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit
  • Mogale City Plaaslike Munisipaliteit
  • Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit
  • Midvaal Plaaslike Munisipaliteit
  • Madibeng Plaaslike Munisipaliteit

Rand Water het ook die volgende munisipaliteite bedank vir hul voortgesette pogings om waterverbruik te verminder en binne die toegelate perke te bly:

  • Stad Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit
  • Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit
  • Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit
  • Merafong Plaaslike Munisipaliteit
  • Lesedi Plaaslike Munisipaliteit
  • Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit
  • Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit
  • Royal Bafokeng Administrasie
  • Thembisile Hani Plaaslike Munisipaliteit

Hierdie beperkings kan tot lae waterdruk of onderbroke watervoorsiening in die betrokke munisipaliteite lei.

Rand Water het weer benadruk oormatige waterverbruik plaas ‘n onbillike las op munisipaliteite wat binne hul toegelate perke bly.

“Water moet billik versprei word, en die pogings van klante wat hul verbruik verminder, behoort nie ondermyn te word deur dié wat versuim om dit te doen nie.”

“Rand Water het ‘n verantwoordelikheid om die grootmaatwatervoorsieningstelsel te beskerm en sal voortgaan om met munisipaliteite in gesprek te tree wat hul toegelate verbruiksperke oorskry,” sê Makenosi Maroo, woordvoerder vir Rand Water.

–

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button