NewsNews

Blou-en-groendruppelprojek: Vrystaat se water is skoon

    AfriForum het vandeesweek Bloemfontein, Dealesville, Boshof en Bultfontein se watergehalte as deel van die burgerregte-organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets en bevind dat die drink- en rioolwater op standaard is.   “Ons kon vasstel dat die dorpe se drink- en rioolwater geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan …

 

 

AfriForum het vandeesweek Bloemfontein, Dealesville, Boshof en Bultfontein se watergehalte as deel van die burgerregte-organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets en bevind dat die drink- en rioolwater op standaard is.

 

“Ons kon vasstel dat die dorpe se drink- en rioolwater geen swaarmetale bevat nie, en dat bakterieëvlakke aan gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners van die Vrystaat se grondwetlike regte op skoon drinkwater te al tye beskerm word,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

 

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

 

AfriForum doen ’n beroep op Vrystaters om aan die burgerregte-organisasie die mandaat te gee om die provinsie se watergehalte voortdurend te moniteer. SMS “Vrystaat” na 45266 om dié aksie te ondersteun. Elke SMS kos R1.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button