Gee jou bloedbydrae vandag
Vandag is jou kans om iemand in nood te help en watter beter geleentheid as juis ter viering van Vroue maand! Skenk bloed Dinsdag 8 Augustus vanaf 13:00 tot 19:00 by die Hervormde kerksaal, Parys. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) is …

Vandag is jou kans om iemand in nood te help en watter beter geleentheid as juis ter viering van Vroue maand! Skenk bloed Dinsdag 8 Augustus vanaf 13:00 tot 19:00 by die Hervormde kerksaal, Parys. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.
Die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) is trots om vroue te erken, bedank en te vier saam met die res van Suid-Afrika, aangesien vroue 49.4% van die nasionale skenkerbasis verteenwoordig. Byna 26% van bloed wat uitgereik word gaan dan ook vir kindergeboortes en ginekologiese komplikasies.
Die nasionale daaglikse doelwit van ʼn 5-dag bloedvoorraad, wat insameling van 3000 eenhede per dag beteken, word dikwels nie bereik nie, veral gedurende skool- en universiteitsvakansies. Die grootste aanvraag is na groep O-bloed, aangesien dit die universele bloedgroep is en in die meeste noodgevalle benodig word.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
- Tussen die ouderdom van 16-65 wees
- Meer as 50kg weeg
- Iets voor jou skenking eet
- ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
- Gesond wees op die dag van skenking
Help ons asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom om bloedskenking te ondersteun.



