NewsNews

Man dood op N12 na voertuig rol

‘n Man is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat sy voertuig gerol het. ‘n Man is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat sy voertuig gerol het.  Die ongeluk het op die N12 ongeveer 10km buite Potchefstroom plaasgevind. Volgens Annine Siddal, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waarna hulle die man uit die voertuig moes uitsny.  “Ongelukkig …

‘n Man is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat sy voertuig gerol het. 

Die ongeluk het op die N12 ongeveer 10km buite Potchefstroom plaasgevind. Volgens Annine Siddal, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waarna hulle die man uit die voertuig moes uitsny. 

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici verder vir hom kon doen nie, en hy is dood op die toneel verklaar,” het Siddal gesê. 

Twee mans en ‘n vrou was ook in die voertuig gewees. Een van die mans is deur ER24 uit die voertuig gesny. Dié man en die vrou is beide na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die derde man het slegs klein beserings opgedoen, maar wou nie hospitaal toe vervoer word nie. 

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button