NewsNews

Nuwe truuk om “bikers” te beroof

“Twee van ons vriende wat met hul motorfiets gery het, is onlangs naby Six Miles op die N1 Suid met ‘n baksteen gegooi” ‘n Motorfietsryer, net bekend as Sammy, is verlede week op die N1 Suid in ‘n vermeende kapingspoging met ‘n baksteen in die gesig gegooi. Bekommerde Vaaldriehoekers skryf: Twee van ons vriende wat …

‘n Motorfietsryer, net bekend as Sammy, is verlede week op die N1 Suid in ‘n vermeende kapingspoging met ‘n baksteen in die gesig gegooi.

Bekommerde Vaaldriehoekers skryf:

Twee van ons vriende wat met hul motorfiets gery het, is onlangs naby Six Miles op die N1 Suid met ‘n baksteen gegooi.

Die baksteen is deur die visor van ons vriendin Kelly se helmet. Ons wil graag alle motorfietsryers oor die voorval waarsku.

Hier is Kelly se boodskap: Ek wil net vir julle vra om asseblief versigtig in die aande op die paaie te ry met jul bikes en karre. Daar is mense wat in die bos wegkruip langs die pad met klippe/bakstene waarmee hulle die mense wat verbyry, gooi om hul te probeer kaap of beroof.

Hulle het ons gisteraand gegooi met ‘n baksteen en dit het Sammy in die gesig getref. Ons moes hospitaal toe jaag en Sammy het steke gekry.

Asseblief, laat weet al julle vriende en familie wat laat in die aande ry. Ons was ook glo nie die eerstes wat hulle so geprobeer kaap of beroof het nie.

As jul enige tasse of enige soort goed in die pad sien lê, ry asseblief net verby want dis ook hoe hulle jou probeer vang.

Laat weet dadelik jou area se GPF of polisie as julle so ‘n ervaring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button